{"id":489,"date":"2017-11-30T10:14:06","date_gmt":"2017-11-30T08:14:06","guid":{"rendered":"http:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/?p=489"},"modified":"2017-11-30T10:14:06","modified_gmt":"2017-11-30T08:14:06","slug":"huldeblyk-adv-r-jansen-sc","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/huldeblyk-adv-r-jansen-sc\/","title":{"rendered":"Huldeblyk: Adv R Jansen SC"},"content":{"rendered":"<p>Adv. Rudolph Jansen SC het diep spore in die menseregte-regspleging in Suid-Afrika getrap. Sedert hy by die Pretoria Balie in die laat tagtigs aangesluit het, het hy meestal opgetree vir die sogenaamde \u201cunderdog\u201d. Ek was bevoorreg om as opdraggewende prokureur op te tree, met Adv. Jansen aan die stuur in dosyne aansoeke in die vroe\u00eb negentigs teen die Departement van Verdediging, namens \u201cblanke\u201d Suid-Afrikaners wat nie Nasionale Diensplig of verpligte \u201ckampe\u201d wou bywoon nie \u2013 van die ver-regse BBB tot di\u00e9 wat to\u00e9 gesien is as ver-links, naamlik wit lede van die ANC en ook lede van die End Conscription Campaign (sien pamflet \u00a0<a href=\"http:\/\/www.historicalpapers.wits.ac.za\/inventories\/inv_pdfo\/AG1977\/AG1977-B1-7-10-001-jpeg.pdf\">http:\/\/www.historicalpapers.wits.ac.za\/inventories\/inv_pdfo\/AG1977\/AG1977-B1-7-10-001-jpeg.pdf<\/a> )<\/p>\n<p>Dit was Adv. Jansen wat die argument aangevoer het dat ingevolge die Wysigingswet op Verdediging (Wet 103 van 1982), is alle <em>blanke<\/em> burgers in die ouderdomsgroep <em>18<\/em>-55 aan <em>diensplig<\/em> onderhewig, terwyl die term \u201cblank\u201d in die Verdedigingswet gedefineer word as \u201csoos omskryf in die Bevolkingsregistrasiewet\u201d \u2013 \u2018n wet wat toe reeds herroep is. Adv. Jansen het derhalwe geargumenteer dat omrede die term \u201cblank\u201d tegnies nie meer bestaan nie, ALLE Suid-Afrikaanse mans, van watter bevolkingsgroep ookal, dus dienspligtig is \u2013 \u2018n gedagte wat die Weermag en die Departement bleek om die kiewe gelaat het. Met sulke en ander argumente het nie een van ons kli\u00ebnte diensplig verrig of kampe bygewoon vanaf 1990 nie \u2013 insluitende myself. Ons was nie baie gewild by die Vrystellingsraad nie!<\/p>\n<p>Ook was ons die span vir die verdediging vir die sg. \u201cwhistleblower\u201d, Heckie Horn, in die moordsaak waarin Horn saam met die berugte Mathys de Villiers of beter bekend as \u201cKaalvoet Thysie\u201d\u00a0 van moord aangekla is in 1994 op \u2018n kennis van Horn. De Villiers het aan Horn beweer dat hy Prof Johan Heyns, voormalige Moderator van die NG Kerk vermoor het. Die moord is nooit opgelos nie.<\/p>\n<p>(Sien <a href=\"https:\/\/www.iol.co.za\/news\/south-africa\/preachers-murder-remains-a-mystery-423057\">https:\/\/www.iol.co.za\/news\/south-africa\/preachers-murder-remains-a-mystery-423057<\/a>) en vanaf 7:20 op audio hier: <a href=\"http:\/\/aodl.org\/oralnarratives\/militaryops\/object\/34-145-D\/n\/\">http:\/\/aodl.org\/oralnarratives\/militaryops\/object\/34-145-D\/n\/<\/a> ). \u00a0Ons kli\u00ebnt (asook De Villiers), is onskuldig bevind.<\/p>\n<p>Adv. Jansen het hom deurgaans met menseregte besig gehou en was een van daardie advokate wat opgetree het uit die liefde van die saak nie en nie vir die fooie nie, soos sy jarelange diens as Direkteur van Regslui vir Menseregte aantoon. Sedert hy sy privaatpraktyk in 2007 heropen het, het hy meestal vir gemeenskappe wat grondeise ingedien het, opgetree en baie suksesse behaal.<\/p>\n<p>Ek het hom altyd gesien as \u2018n regsgeleerde wat sy loopbaan as Grondwetlike regter of App\u00e9lregter sou afsluit \u2013 of die Bram Fischer van sy tyd. Dis \u2018n groot verlies vir die Regsberoep en die land dat hy so relatief jonk oorlede is.<\/p>\n<p>Hy word oorleef deur sy vrou Mariana, en twee seuns, Rudolph jr van Pretoria en Gustav, tans woonagtig in Brasili\u00eb.<\/p>\n<p><em>-Coenie Kukkuk, Coenraad Kukkuk Prokureurs, Pretoria.<\/em><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter\" src=\"http:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/Rudolph-2.jpg\" alt=\"Adv R Jansen\" width=\"302\" height=\"453\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Adv. Rudolph Jansen SC het diep spore in die menseregte-regspleging in Suid-Afrika getrap. Sedert hy by die Pretoria Balie in die laat tagtigs aangesluit het, het hy meestal opgetree vir die sogenaamde \u201cunderdog\u201d. Ek was bevoorreg om as opdraggewende prokureur op te tree, met Adv. Jansen aan die stuur in dosyne aansoeke in die vroe\u00eb [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":490,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"ngg_post_thumbnail":0,"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-489","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorised"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/489","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=489"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/489\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":491,"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/489\/revisions\/491"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/media\/490"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=489"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=489"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=489"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}