{"id":498,"date":"2018-02-07T12:55:29","date_gmt":"2018-02-07T10:55:29","guid":{"rendered":"http:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/?p=498"},"modified":"2019-09-27T13:21:38","modified_gmt":"2019-09-27T11:21:38","slug":"498","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/498\/","title":{"rendered":"INVORDERING VAN UITSTAANDE HEFFINGS"},"content":{"rendered":"<p><strong><u>INVORDERING VAN UITSTAANDE HEFFINGS<\/u><\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hiermee \u2018n verduideliking van die invorderingsproses ten opsigte van uitstaande heffings:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Wanneer \u2018n nuwe aangeleentheid aan ons kantore oorhandig word, doen ons \u2018n Aktesoek ten einde eienaarskap van die eenheid te bevestig.&nbsp; Dit verseker dat die aanmaningskrywe aan die korrekte eienaar gestuur word.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dit gebeur ook dikwels dat daar volgens u rekords net een eienaar is en sodra ons die Aktesoek doen wanneer ons die Dagvaarding wil uitreik, dat die eiendom in meer as een persoon se naam geregistreer is en het ons dan net die een eienaar aangemaan en nie al die eienaars in wie se naam die eiendom geregistreer is nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sodra ons die Aktesoek gedoen het, sal ons \u2018n afskrif daarvan aan u voorsien om te verseker dat u rekords korrek is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>\u2018n Aanmaningskrywe word dan aan die eienaar(s) van die eenheid gestuur waarin betaling binne sewe (7) dae versoek word.&nbsp; Die aanmaningskrywe word gestuur per gewone en geregistreerde pos asook na die e-pos adres indien daar \u2018n e-pos adres beskikbaar is.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Die eienaar(s) word dan ook op die swartlys by die kredietburo geplaas.&nbsp; Die eienaar(s) kan dan geen skulde aangaan alvorens hulle naam nie van die swartlys verwyder word nie en kan ons moontlik op hierdie manier die gelde vinniger invorder.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Sodra die aanmaningskrywe gestuur is, probeer ons om die eienaar(s) te skakel ten einde hulle besonderhede te bevestig en om \u2018n re\u00ebling te tref vir betaling van die uitstaande bedrag.&nbsp; Die standard re\u00ebling wat ons gewoonlik aanvaar is oor \u2018n tydperk van ses (6) maande, op voorwaarde dat die huidige maandelikse heffings direk by die \u201cBody Corporate\u201d betaal word.&nbsp; \u2018n Skulderkenning word dan ook opgestel waarin die terme uiteengesit word, o.a. dat prokureur- en kli\u00ebntfooie betaal moet word en dit word gestuur aan die eienaar(s) om te voltooi en te onderteken.&nbsp; Geen afbetaling word aanvaar sonder \u2018n getekende Skulderkenning nie.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Sodra die tydperk verstryk het om te reageer op die aanmaningskrywe benodig ons \u2018n rekonsiliasie wat op \u2018n nul balans begin en moet daar geen regskostes, rente of administrasiefooie op die rekonsiliasie verskyn nie.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Die nodige Resolusies, Notules van die Algemene Jaarvergadersings, asook \u201clevy schedule\u201d moet aan ons verskaf word ten einde al die bedrae wat op die heffingsrekening gehef word te staaf.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Sodra ons bogemelde inligting vanaf u ontvang het, sal die Dagvaarding onverwyld opgestel en uitgereik word en dan aan die Balju gelewer word vir betekening.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Die eienaar(s) het dan tien (10) werksdae om te reageer op die Dagvaarding sodra dit beteken is deur die Balju.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Indien geen reaksie ontvang word op die Dagvaarding nie, word die saak vir Vonnis by Verstek na die ope Hof verwys en word \u2018n datum geallokeer.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Sodra die Vonnis toegestaan is op die geallokeerde datum, word \u2018n Lasbrief vir eksekusie opgestel en ingedien by die Hof vir uitreiking.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>\u2018n Kennisgewing in terme van Artikel 65A(2) waarin die eienaar(s) in kennis gestel word van die Vonnis wat toegestaan is, word ook per gewone en geregistreerde pos aan die eienaar(s) gestuur en na die e-pos adres, indien daar een beskikbaar is.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Op ontvangs van die Balju se relaas van beslaglegging en inventaris van die roerende bates waarop beslag gel\u00ea is, word opdrag aan die Balju gegee om voort te gaan met verwydering van die roerende bates waarop beslag gel\u00ea is en word \u2018n verkoopsdatum versoek.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Op ontvangs van die verkoopsdatum, gaan ons voort om \u2018n Verkoopskennisgewing op te stel en word die Verkoopskennisgewing ook in \u2018n plaaslike koerant geadverteer.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Indien die eienaar(s) nie enige roerende bates het om op beslag te l\u00ea nie, sal die Balju poog om \u2018n persoonlike <em>nulla bona<\/em> relaas te verkry waarin die eienaar(s) verklaar dat hulle geen roerende bates het waarop beslag gel\u00ea kan word nie.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Wanneer die eienaar(s) nie enige roerende bates het om op beslag te l\u00ea nie, of die roerende bastes dan reeds in eksekusie verkoop is, is die volgende stap om Aansoek te doen vir Sekwestrasie om die eienaar(s) insolvent (bankrot) te verklaar.&nbsp; Hierdie aansoek word in die Ho\u00eb Hof gedoen \u2013 en word die eiendom dan verkoop deur die likwidateur.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Daar word maandeliks \u2018n maandstaat aan u gelewer ten opsigte van die regskostes wat deur die maand aangegaan is, welke deur u betaalbaar is.&nbsp; Ons sal egter poog om soveel as moontlik van die kostes van die eienaar(s) te verhaal as wat die wet toelaat. Hierdie regskoste moet volgens die nuwe wet op \u2018n aparte rekening gehou word en nie op die skuldenaar se heffingsstaat gedebiteer word nie.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vir navrae \u2013 skryf aan <a href=\"mailto:law@coenraadkukkuk.co.za\">law@coenraadkukkuk.co.za<\/a> met \u201cHeffings\u201d of \u201cLevies\u201d in die titel.<\/p>\n<ul>\n<li>Deur Louise Klopper, Hoof: Invorderings, Coenraad Kukkuk Prokureurs<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Foto: Housecheck<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>INVORDERING VAN UITSTAANDE HEFFINGS &nbsp; Hiermee \u2018n verduideliking van die invorderingsproses ten opsigte van uitstaande heffings: &nbsp; Wanneer \u2018n nuwe aangeleentheid aan ons kantore oorhandig word, doen ons \u2018n Aktesoek ten einde eienaarskap van die eenheid te bevestig.&nbsp; Dit verseker dat die aanmaningskrywe aan die korrekte eienaar gestuur word. &nbsp; Dit gebeur ook dikwels dat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":499,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"ngg_post_thumbnail":0,"footnotes":""},"categories":[45],"tags":[],"class_list":["post-498","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-articles"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/498","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=498"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/498\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":838,"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/498\/revisions\/838"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/media\/499"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=498"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=498"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.coenraadkukkuk.co.za\/site\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=498"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}